Editor's noteLocal newsNews

Ontmoet nuwe vriendinne

Daar is meer by die Vroue-landbou unie as net vergarderings.

Is jy van voorneme om iets nuuts aan te pak vir die nuwe jaar of dalk net lus om nuwe vriendinne te ontmoet?

Dan is die Vroue Landbou-unie, Brakpan-tak net die regte organisasie om by aan te klop.

Die organisasie vergader elke tweede Dinsdag van die maand en verwelkom graag nuwe lede.

Die gesellige vergaderings vind om 10vm in die saal van die NH-kerk te Dirk van der Hoffweg, plaas. (Die eerste vergadering van 2018 word op 9 Januarie by die Brakpan Tuinsentrum, wat langs die kerk geleë is, gehou.)

Lees ook: New year, new you

Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.

Lede kan ook aan kompetisies, wat oor die jaar strek, deelneem maar dit is glad nie verpligtend nie.

Vroue van enige ouderdom is baie welkom om aan te sluit.

Belangstellendes kan vir Isobel van Eeden kontak (084 585 5157).

Follow us:

Instagram

Twitter

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button