Editor's choiceLocal newsNews

Pers hare is pret vir dié dominee

Gemeentelede van die NG-kerk Brakpan-Oos se oë was Sondagoggend vasgenael op die dominee voor in die kerk.

 

Die rede vir die kerkgangers se onverdeelde aandag was die ongewone kapsel van dr Fanie Rudolph, wat al sowat 10 jaar leraar van die gemeente is.

Toe hy Sondag die kerk binnestap was dit met pers hare. En ook nie bietjie pers nie, baie pers.

Diegene wat nie van beter geweet het nie, sou gedink het die dominee se haarkapper het ’n reuse blabs gemaak.

Die pers kapsel was egter alles deel van ’n uitdaging wat Rudolph aan sy gemeentelede gestel het.

“Ons het verlede jaar ’n mikpunt gestel om met ons dankoffers ’n sekere bedrag in te samel,” het Rudolph verduidelik.

Lees ook: Happenings

As aansporing het hy vir sy gemeente gesê dat hy iets met sy hare sou aanvang.

“Die mikpunt is bereik, so ek moes maar daad by die woord voeg en ek het besluit om my hare pers te kleur.”

Dit is ook nie die eerste keer dat die dominee se kapsel deur loop nie. Vorige uitdagings het hom genoop om al sy hare af te skeer en dan was daar ook die keer toe hy dit met peroksiede bygekom het.

En hoe lank gaan die dominee nou met die pers hare rondloop?

“Die haarkapper het my die versekering gegee dat dit darem nie permanent is nie en ek hoop om oor so paar dae weer ’n normale voorkoms te hê.”

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button