CompetitionsEditor's noteLifestyle

Wen ’n groot bederf vir Valentynsdag

Valentynsdag is om die draai en die Herald het ’n lekker prys om hierdie dag van liefde vir iemand ekstra spesiaal te maak.

Dit is ook baie maklik om vir die prys in aanmerking te kom.

Ons soek bloot na ’n oulike foto van ’n egpaar of paartjie.

Dit maak nie saak of jy al lank getroud is, verloof is of net in ’n verhouding is nie.

Stuur net vir ons ’n foto van jou en die besondere persoon in jou lewe en staan ’n kans om ons fotokompetisie te wen.

Die paartjie, wie se foto ons die meeste beïndruk, gaan net so beïndruk wees met die pryse wat ons weggee.

Die wenners sal op Valentynsdag ’n heerlike vyfgangmaaltyd by die Lake Restaurant kan gaan nuttig.

By die Ces’t la Vie Day Spa in Dalpark sal die wenpaar met ’n pakket wat sjampanje, koek, ’n geskenk asook ’n massering insluit, bederf word.

Bella’s Biltong in Dalview sorg vir ’n verdere bederf met ’n geskenkpak.

Lees ook: Geen tekort aan liefde in die huwelik

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou foto aanstuur.

• Slegs foto’s wat ten minste 1MB is sal in ag geneem word.

• Die name, vanne en ouderdomme van beide die mense op die foto moet aangedui word, asook ’n adres en telefoonnommer.

•Slegs inwoners van die dorp kan inskryf.

•Foto’s moet nie ouer as ses maande wees nie.

•Die wenners moet bereid wees dat foto’s van hulle gepubliseer word.

•Die sluitingsdatum vir die kompetisie is volgende Dinsdag (6 Februarie) om 9vm.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button