Jou bloed kan ’n lewe red
Gereelde bloedskenkers, maar ook persone wat nog nie voorheen bloed geskenk het nie, kan volgende Vrydag (2 Maart) so maak.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) sal teenwoordig wees by die NG-kerk Brakpan-Oos, wat ’n feesmark hou vanaf 3nm tot 7nm.
Die feesmark is ter viering van die kerk se 70ste bestaansjaar en die fees word by die kerk wat op die hoek van Lappingstraat en Boundaryweg geleë is, gehou.
Lees ook: Happenings
Die basiese kriteria vir enige persoon wat bloed wil skenk is soos volg:
•’n Persoon moet tussen die ouderdom van 16 en 65 wees (persone ouer as 65 moet eers ’n dokter se toestemming kry).
• Moet meer as 50kg weeg.
• Moet minder as vier uur voor die skenking iets eet.
• Moet gesond wees en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf.
• Moet sy/haar bloed as veilig vir ’n ander pasiënt beskou.
Volg ons:



