Editor's choiceLocal newsNews

Oud-Stoffbergers is steeds groot pelle

Die manne het besluit om weer bietjie op te vang na hul in 1985 gematrikuleer het.

’n Groep oud-Stoffbergers, wat in 1985 gematrikuleer het, maar steeds gereelde kontak het, het Saterdagmiddag by die Casbah in Brakpan bymekaar gekom vir ’n gesellige kuier en om so bietjie op te vang.

Die groep, waarvan sommige in Pretoria, Randburg en Kaapstad woon het op die padkafee besluit vanweë die gewildheid van die plek toe die manne nog agter die skoolbanke ingeskuif het.

“Dié plek asook die Charl Baard Stadion, oorkant die pad, hou baie herinneringe vir ons in en daarom het ons besluit om Saterdag juis daar bymekaar te kom om vriendskapsbande wat jare gelede gesmee is te verstewig,” het ’n woordvoerder van die groep gesê.

Steeds hegte vriende na baie jare. Steven Voster (links), Anton Els, Deon Robinson, Johan Holder, Frans Dry en Wouter van Aardt.

Lees ook: Oud-Dalwers is leiers van formaat

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button