Kinders sê dankie vir ondersteuning
Inwoners van die Jabes Sorgsentrum het Vrydag (6 April) in ’n vrolike atmosfeer met emmers en lappe in die hand fluks aan die werk gespring.
Mona Loubser (53), ’n maatskaplike hulpwerker wat Jabes bestuur, het ’n kar wasdag gereël sodat die seuns van Jabes die geleentheid kon kry om in die gemeenskap terug te ploeg.
Hulle het voertuie van die personeel en dokters by die Life Dalview Hospitaal gaan was.

“Die personeel help my gereeld wanneer een van die kinders siek word en aangesien Jabes ’n onafhanklike sorgsentrum is, is dit van groot hulp,” het Loubser gesê.
“Ons wou net graag dankie sê deur hul voertuie vir hulle te was,” het Loubser bygevoeg.
Die sorgsentrum is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.
Lees ook: Klein Arende speel dat die kleur so spat
Volg ons:



