Editor's choiceLocal newsNews

Só kan jy ’n verskil maak

Die Herald pak elke jaar ’n projek aan om die nood so ’n bietjie te verlig.

Die winter is reeds besig om sy lelike kop uit te steek en kort voor lank sal mense warm komberse, musse, serpe en kouse moet nader trek.

Vir baie inwoners is hierdie items egter ’n luuksheid en die winter lê soos ’n berg voor talle minderbevoorregtes.

Met die temperature wat vinnig besig is om te daal word die dae, maar veral die nagte, ’n stryd om oorlewing vir baie mense van die dorp.

Daar word gepoog om soveel moontlik komberse, sokkies, wolmussies, serpe en kouse bymekaar te maak.

Die projek, wat in sy 12de jaar is, het verlede week goed afgeskop met ’n welkome skenking van die leerders van die St Columba’s School in Benoni, wat honderde pare splinternuwe kouse geskenk het. Die skool ondersteun die Herald se projek al vir etlike jare.

Lees ook: Donations of socks and blankets needed

In meeste huishoudings is daar ’n kombers of duvet wat nie meer gebruik word nie. Daardie einste item kan gedurende die winter ’n groot verskil in die lewe van ’n behoeftige persoon maak.

Ons vra dat die publiek nuwe of skoon, gebruikte komberse, wolmussies, serpe en handskoene, asook nuwe kouse (ook gebreide sokkies) sal skenk.

Ons versoek vriendelik dat die goedere in ’n goeie toestand en skoon sal wees, en dat die publiek nie vir hiérdie projek tweedehandse klere sal skenk nie.

Die items wat ingesamel word sal aan welsynsorganisasies van die dorp oorhandig word, waarna dit dan onder minderbevoorregte en behoeftige persone versprei sal word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button