Die fees het ook ’n noemenswaardige groei getoon met 300 inskrywings in die sang afdeling teenoor die 127 inskrywings van 2017. In die dans afdeling was daar 130 inskrywings.
Verrigtinge het reeds op 5 Mei afgeskop met die eerste rondes uitdunne met Liezel Hannemann as die beoordelaar.
Op 18 Mei het die sang uitdunne begin met Rouel Beukes en die sangeres Heidi as beoordelaars.
Die finaliste is bepaal deur professionele ouditeurs en die dans gala het verlede Woensdag plaasgevind.
Die wenners was: Mikayla du Plessis van Springs (grondslagfase – graad RR tot graad drie), Dané Uys van Delmas (intermediêre fase graad vier tot sewe), Savannah Jacobson (senior fase ), Nadine Fouché (ope afdeling).

Die algehele wenner in die dans afdeling was Savannah Jacobson van Kempton (graad nege).
Die junior sang gala aand is verlede Donderdag gehou terwyl die gala-aand vir senior sangers Vrydagaand plaasgevind het.
Die jongste twee deelnemers naamlik Lerieke Jooste (4) en Gabriella McMullen (5) het die beoordelaars en die gehoor se harte gesteel en beide het toekennings as die “oulikste deelnemers” ontvang.
Zehan Venter was die wenner in die grondslagfase en was ook die “rocker” van die aand.
Luané-Anel van Staden van Boksburg was die intermediêre fase wenner.
Lees ook: Claase and Hugo make powerful duo
In die senior kategorie is Melanie Janse van Rensburg as wenner aangewys met Dodo Nyoka kort op haar hakke. Melanie is ook as die algehele sangwenner en die algehele kunstefeeswenner aangewys.
In die ope afdeling was Walter Backeberg die wenner en vir eie komposisie is Jessica van Rooyen as die wenner aangewys.
Laerskool Môrewag se koor was die laerskoolwenner en die skoolkoor van die Hoërskool Hugenote het die hoërskole koor-afdeling gewen.
Sonneveld Akademie het die junior- en senior sanggroep afdeling gewen.
Die soliste het ook punte vir hul skole gewerf en daardeur is Laerskool Die Arend as die Laerskool Oosrander aangewys en Hoërskool Hans Moore as die Hoërskool Oosrander.
Volg ons:



