Editor's choiceLocal newsNews

Dis weer tyd vir die Pannefees

Inwoners kan solank hul vere regskud vir die Pannefees wat volgende Vrydag en Saterdag aangebied word.

Soos vorige jare gaan ’n hele rits kunstenaars, oor die loop van die twee dae, sorg vir musiek uit die boonste rakke.

Vrydagaand word in die vorm van ’n kafee- en kuieraand, met Johnnie Takbok en orkes, aangebied.

Saterdag tree kunstenaars soos Dewald Wasserfall, Arno Jordaan, Ricky Faber, Chané Valentine, Sharoney, Arno van der Hoff, Vincent Gordon en RNK op.

Lees ook: Vroue vier Vrouedag in styl

Besoekers sal tussen ’n groot aantal stalletjies rondsnuffel en kindervermaak en veilige parkering is in plek.

’n Biertuin sal ook besoek kan word.

Die fees word op Laerskool Die Arend se sportgronde aangebied.

Vir meer inligting besoek www.panne-fees.co.za of stuur ’n e-pos na info@panne-fees.co.za

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button