In die Kollig: Ken jy vir Anthony Engelbrecht
Leer vir Anthony Engelbrecht ken van die GPF, sektor drie.
Anthony Engelbrecht (33) is die voorsitter van die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF), sektor drie. Hy is getroud met Melanie (36) en die egpaar, wat in Brenthurst woon, het ’n seun Jason (8).
• Hoe lank is jy al by die GPF betrokke?
Ek het so ongeveer vier jaar gelede aangesluit.
• Wat het jou laat besluit om betrokke te raak?
Dit is vir my belangrik om terug te kan gee aan die gemeenskap. Ek sou ook graag wou sien dat Brakpan weer ’n veilige plek word, soos in die ou dae, toe kinders op hulle fietse skool toe kon ry en in die strate kon speel. In vandag se tyd laat misdaad dit ongelukkig nie toe nie.
• Waarom is dit belangrik dat daar ’n goed funksionerende GPF in die dorp is?
Om misdaad te voorkom en om goeie kommunikasielyne tussen die gemeenskap en die SAPS daar te stel.
• Wat sou jy sê is die oplossing vir die misdaadprobleem in Suid-Afrika?
Strawwer tronkstraf vir misdadigers moet beslis ’n prioriteit raak. Mense moet ook nie skroom om misdaad, hoe gering ook al, aan te meld nie. Dit is ook hoog tyd dat korrupsie tot ’n einde kom.
• Wat is jou beroep?
Ek is ’n verkoopsman.
• Het jy ’n stokperdjie?
Ek speel graag kitaar en speel ook krieket.
• Wat is jou gunsteling ding omtrent die dorp?
Die mense van Brakpan is uniek, hulle maak die dorp.
• Hoe sou jy jouself beskryf?
Hardwerkend en ambisieus. Somtyds is ek kort van draad. “What you see is what you get”.
• Wat motiveer jou?
Dit is vir my baie belangrik om ’n toekoms vir my kind te skep en te sorg dat hy ’n goeie lewe het.
• Wat maak jou op die plek woedend?
Oneerlikheid en geweld teen vroue en kinders.
• Kyk jy rugby en watter span ondersteun jy?
Ja ek geniet ’n goeie wedstryd. Die Blou Bulle is my span.
• Verkies jy die bosveld of die see en waarom?
Dit sal altyd die bosveld wees. Dit is stil en kalmerend.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



