Cassey Rapapali (links) en Thys Taljaard van die Chef Training and Innovation Academy (CTIA) het ook by die loopbaanuitstalling uitgestal. Hulle staan saam drie leerders van Hoërskool Die Anker (agter, links): Anthony Tee en Nikita Tolmay. Voor is Dylan Botha.
’n Baie suksesvolle loopbaan expo is onlangs by Hoërskool Die Anker aangebied.
Viné Judd van die Kohl Makeup Academy staan saam met Jade Labuschagne (links) en Deidré Loggenberg van die Hoërskool Stoffberg.Oakfields College was deel van die suksesvolle dag. Keenen Louw en Christine Ackerman van Oakfields College staan saam met Eugene de Wet (links) en Juan le Roux wat beide graag ’n loopbaan as akteur wil uitvoer.Twee Hoërskool Stoffberg leerders, Ané van der Westhuizen (links) en Lizahn Lombard, staan saam met Elaine Ackerman van CTU Training Solutions.
Talle uitstallers, waaronder universiteite en privaat kolleges, wat op sekere vakgebiede konsentreer, het deel van die ekspo uitgemaak.