CrimeEditor's noteNews

Hond in Dalview vergiftig

Niks is uit die erf verwyder nie en die voorval is by die SAPD aangemeld.

’n Gesin van Gerrit Maritzlaan in Dalview se hond is Sondag in die vroeë oggendure vergiftig.

Lizelle Potas het Maandag aan die Herald gesê dat daar twee honde voor in die erf aangehou word en een agter in die erf.

“My seun, Jason (20), het Sondagoggend net na 6vm na sy werkplek vertrek en alles het nog reg gelyk met die husky en Labrador, wat voor in ons erf was,” het sy gesê.

Lees: Pet poison emergency kits available from SPCA

“Toe ons egter sowat 9.30vm uit die huis gaan, het ons gesien dat die husky vergiftig is en dat dit reeds dood was.

“Die verantwoordelike persoon moes dus na 6vm vir die hond gif gegee het.

“Gelukkig het die Labrador nie gif ingekry nie,” het sy gesê.

Niks is uit die erf verwyder nie en die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees: Bejaardes hartseer na hond vergiftig is

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Vir meer plaaslike nuus besoek Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button