Êrens in Dalview is daar ‘n piep klein miniatuur potbelly varkie wat gisteraand (Woensdag) die pad gevat het vanuit ‘n erf, te nommer 6 The Cutstraat.
Estelle Venter vertel dat sy en haar vriend gisteraand die varkie gekry het en dat dit kort daarna weggeraak het.
“Ons het nog nie eens ‘n kans gekry om ‘n foto van Bella te neem nie,” het sy gesê.
Volgens haar was hulle besig om in die lapa te eet en was die varkie heeltyd by hulle.
“Toe ons weer kyk was sy weg en ons het dadelik begin soek.
“Sy is regtig piepklein en dit het begin donker raak, wat die soektog bemoeilik het,” het Estelle gesê.
“Ons het sowat twee ure oral in die omgewing met flitse gesoek en vanoggend het ek weer rondgery en oral gekyk.”
Die varkie is swart van kleur.
Enigiemand wat dit dalk teëkom kan vir Estelle kontak by 073 013 8893.
Volg ons:
Vir meer plaaslike nuus besoek Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



