Editor's choiceLocal newsNews

Bella die varkie is veilig tuis

Die Herald het Donderdag berig van die varkie wat vermis geraak het, kort nadat dit by haar nuwe eienaars se huis aangeland het.

Bella, die miniatuur potbelly varkie wat Woensdagaand die pad gevat het vanuit ’n erf in The Cut Straat, Dalview, is veilig terug by die huis.

Bella het vir benoude oomblikke gesorg toe sy Woensdagaand vermis geraak het.

Estelle Venter het vertel dat hulle Woensdagaand besig was om in die lapa te eet en dat die varkie heeltyd by hulle was.

Toe hulle egter weer kyk, was die piepklein diertjie weg en is daar dadelik met ’n soektog begin.

Ten spyte van die feit dat daar vir lank in die donker na die varkie gesoek is, was daar geen teken van Bella nie.

Lees: Piepklein varkie vat die pad in Dalview

Estelle het haar na sosiale media gewend en die gedoente is ook op die Herald se webtuiste en Facebookblad gedeel.

“Iemand het later Donderdag met ons kontak gemaak en gesê dat hulle ons varkie op ’n nabygeleë plot aangetref het.

“Ons het vir Bella gaan haal en maak nou doodseker dat sy nie weer die pad kan vat nie,” het Estelle gesê.

Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor almal wat gehelp soek het en teenoor die mense (dit is nie bekend wie hulle is nie) wat die varkie aan hulle terugbesorg het.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Vir meer plaaslike nuus besoek Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button