AfriForum lede ontvang opleiding in regsaspekte
Dié opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en bemagtig ook buurtwagpatrolleerders om korrek en binne die raamwerk van die wet op te tree.
Lede van AfriForum se buurtwagte in Brakpan, Alberton, Germiston en Springs het die afgelope naweek opleiding in regsaspekte ontvang.
Nagenoeg 55 buurtwaglede het die opleiding, wat deur Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder aangebied is, bygewoon.
“Daar is in 2019 reeds ses opleidingsmodules aan die Oos-Rand aan die onderskeie buurtwagte aangebied.
Lees: AfriForum lede ingelig oor ongelukstoneel bestuur
“AfriForum bied ’n wye reeks voordele vir sy veiligheidstrukture, waarvan opleiding een van die belangrikste aspekte is om sy lede se kennis uit te brei en hulle toe te rus om veiliger op te tree,” het Van Dalen verduidelik.
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek, bygevoeg.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



