Buurtwaglede ontvang opleiding
Professionele opleiding is noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur.

Lede van AfriForum se Brakpan-, Alberton- Germiston- en Springs-buurtwagte het onlangs opleiding in skarebeheer en radioprosedure ontvang.
Dié opleiding het grootliks oor patrolleerders se mandaat tydens onluste met groot skares en die moets en moenies vir radiospraakprosedures gehandel.
Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, het die opleiding aan sowat 55 buurtwaglede aangebied.
Lees: AfriForum lede ingelig oor ongelukstoneel bestuur
Volgens van Dalen is professionele opleiding noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur.
“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree,” het van Dalen verduidelik.
“Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid,” het hy bygevoeg.
Lees: AfriForum lede ontvang opleiding in regsaspekte
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



