Gert Fourie skryf per e-pos:
Ek het in die Herald gelees van die ontwikkeling en die verbeteringe wat kwansuis by die Jan Smuts Dam aangebring gaan word en ek sien dat daar op ’n slakkepas iets aan die gebeur is.
My vraag is net (en ek is baie seker daarvan dat baie mense die vraag het), wat is die nut daarvan?
Wat is die doel daarvan om geriewe aan te bring as daar nie ’n dam is nie? Daar is vir meer as twee jaar probeer om die hiasinte sonder sukses te verwyder.
Lees: Eintlike probleem by die Brakpan Dam word oorgesien
Gaan die gebied nou opgeknap word, maar die dam gaan toegegroei bly of gaan daar weer ’n duur poging aangewend word om die dam skoon te kry?
Ek is van mening dat die reuse hoop geld, wat sekerlik vir die opgradering van die park gebruik word, eerder aangewend moes word om die dam vir eens en vir altyd skoon te kry.
Lees: Verwydering van hiasinte gaan vir ewig duur
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



