’n Gesin van Rand Colleries se drie honde is verlede Dinsdag in die vroeë oggendure vergiftig.
Marius Smith was ontsteld toe hy twee van sy honde dood in sy erf aangetref het.
Die derde een het nog gelewe, maar voor hulle dit by die veearts kon kry, is die hond ook dood.
“Die honde het vreeslik geblaf, maar ek kon niks sien nie,” vertel hy.
Die buurman het ook bevestig dat hy ’n wit bakkie voor die Smith-gesin se erf gesien het.
Twee jaar gelede het die gesin ook ’n skokkende ontdekking gemaak toe hul skape, wat hy op sy plot aangehou het, keelaf gesny is.
Lees: Egpaar leef in vrees na honde vergiftig is
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



