Kinders ongedeerd na huis brand
Drie brandweerwaens was op die toneel om die vlamme, wat die huis vinnig verswelg het, te blus.
‘n Huis in Derbylaan is vanoggend in puin gelê nadat ‘n brand kort voor 10vm uitgebreek het.
Volgens Giovandré Albrecht (24), wat skuins oorkant die huis woon, het hy rook by die dak van die huis sien uitborrel en besef dat daar fout is.

“Iemand het die slot van die hek afgeknip en ons het drie kinders (ouderdomme nie bekend), wat toe reeds buite die huis was, na veiligheid gebring.
Volgens inligting is niemand beseer nie.
‘n Ondersoek na die oorsaak van die brand sal plaasvind.
Lees: Speurder wat na 30 jaar aftree sê haar werk was haar passie
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



