VIDEO: Gesin platgeslaan na brand hul huis in puin lê
Die huis is op die hoek van Denneweg en Dirk van der Hoffstraat, Rand Collieries geleë.
‘n Gesin, wat reeds sukkel om kop bo water te hou, het vanoggend byna al hulle besittings verloor toe die beskeie huise, waarin hulle woon, gedeeltelik in ‘n brand vernietig is.
Beverly (40) en Basil (44) Fritz is platgeslaan en het verslae vertel dat hulle nou geen heenkome het nie.
Hul twee seuns Michael (13) en Gabriel (9) was ten tye van die brand in die skool en was onbewus van die groot ramp wat die gesin getref het.
‘n Emosionele Beverly het aan die Herald gesê dat haar kinders wat leerders aan ‘n plaaslike skool is, is sowat 7vm opgelaai om skool toe te gaan.
“Daarna het my man na sy werkplek in Witpoort gegaan en ek het gou na ‘n nabygeleë winkel gestap om waspoeier te koop,” het Beverly vertel.
“Toe ek terug kom by die huis was daar reeds ‘n paar mense en het ek net rook gesien.
Lees: Kinders ongedeerd na huis brand
Beverly, wat nie ‘n foon het nie, moes toekyk hoe die vlamme haar huisie verswelg.
“Ek kon niks doen nie. ‘n Man het aangebied om my na my man se werkplek te neem en hy het saam met ons terug gekeer na die huis,” het sy vertel.
“Ek weet nie wie die brandweer gekontak het nie maar teen die tyd wat die brand onder beheer gebring is was die skade groot.”
Die egpaar se slaapkamer is heeltemal vernietig.
“Al ons besittings is weg,” het Beverly gesê.
Die kamer waarin die seuns geslaap het en die vertrek, wat as ‘n kombuis gedien het, is gedeeltelik in puin gelê,
“Ek weet nie eens waar ons vanaand gaan slaap nie,” het Beverly gesê.
Sy vertel dat die gesin sowat twee en ‘n half jaar in die huisie gebly het.
“Ons het nie elektrisiteit gehad nie en het buite op ‘n oop vuur kos gemaak.”
Die gesin het dringend hulp nodig. Mense wat skenkings wil maak kan dit na Cruise Inn te 73 Denneweg neem.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter
















