Just Wheels is vir oud en jonk
Just Wheels Junior word ook op die dag geloods en jong mense word uitgenooi om te gaan aansluit.
Die Just Wheels Motorklub nooi die publiek uit na ’n opedag wat op 28 Julie by die klubhuis gehou word.
Hetsy jy op ’n klein skopfiets, fiets of bromponie is, almal is welkom.
Talle interessante uitstallings en besienswaardighede word ook beplan.
Lees: VIDEO: Duisende stroom na 10de Just Wheels Motorskou
“Daar is ’n persepsie dat Just Wheels ’n veteraanmotorklub is, maar dit is egter nie die geval nie,” het Bart Zaayman van die klub gesê.
“Eienaars van enige voertuig of ryding met wiele is welkom om by die klub aan te sluit.
“As jou ryding wiele het en jy is trots daarop, bring dit na ons opedag,” het Zaayman gesê.
Die klubhuis is geleë te 169 Kitzingerlaan en die hekke open om 9vm.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



