Tyd vir kunskompetisie raak min
Moenie die Herald se kunskompetisie misloop nie.
Die tyd raak min vir laerskool leerders om in te skryf vir die Herald se kunskompetisie, ter viering van die dorp se 100ste bestaansjaar.
Leerders van die dorp word uitgenooi om hul kreatiwiteit uit te leef en boonop ’n paar rand in die sak te steek.
Al wat jy moet doen is om ’n kunswerk te skep wat die 100ste bestaansjaar van die dorp uitbeeld of vasvang.
Jou kunswerk kan in enige medium voorgelê word, hetsy skilderye, tekeninge, kunsvoorwerpe of fotografie.
Ons het besluit om so min as moontlik reëls vas te lê sodat soveel moontlik leerders sal inskryf en hulself kan geniet.
Daar is geen beperking op die grootte van jou kunswerk nie, en onthou dat kunswerke self by die Herald se kantoor ingehandig moet word.
Die beoordeling sal per graad plaasvind, daar sal dus ’n wenner van graad een tot graad sewe aangekondig word.
Lees: KYK: Baba- en kleuterkompetisie wenners kry hul pryse
Die sewe wenners sal elk ’n R300 geskenkbewys van Sherwood Pick n Pay, asook ’n spesiale sertifikaat van die Herald, ontvang.
So moet jy maak om in te skryf:
• Slegs laerskool leerders van die dorp mag inskryf.
• Slegs een inskrywing per leerder sal aanvaar word.
• Jou naam en van, asook die skool wat jy bywoon en die graad waarin jy is, tesame met ’n kontak telefoonnommer van ’n ouer, moet duidelik op jou kunswerk aangebring word.
• Kunswerke wat sonder al die bogenoemde inligting ingehandig word sal nie beoordeel word nie.
• Inskrywings moet by die Herald se kantoor, te Van der Waltweg 61, ingehandig word voor of op 2 Augustus.
• Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Die skool wat vir die meeste inskrywings sorg sal erkenning van die Herald ontvang.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



