Editor's choiceLocal newsNews

Familie verloor albei hul ouers aan kanker

Dolla is vroeër vanjaar met kanker gediagnoseer.

’n Bekende en geliefde inwoner van die dorp, Dolla Redelinghuys (70), is verlede Woensdag na ’n stryd met kanker oorlede.

Dolla is in 2002 met ’n toestand wat haar spieraktiwiteit en koördinasie aangetas het, gediagnoseer, en moes sedert 2005 in ’n rolstoel oor die weg kom.

Sy is vroeër vanjaar ook met kanker gediagnoseer en het op 14 Augustus die stryd teen die siekte verloor.

Inwoners sal die vriendelike vrou veral onthou vir die 42 jaar diens wat sy by Waners gehad het.

Lees: Besigheidsman oorlede

Vroeër vanjaar moes die Redelinghuys-familie ook Dolla se eggenoot, Dana Redelinghuys, aan die dood afstaan.

Hy is met longkanker gediagnoseer en is op 7 April oorlede.

Die egpaar het hul hele lewe in Brakpan gewoon en was vir 52 jaar getroud.

Dana en Dolla word deur hul drie kinders Linda Redelinghuys, Frieda Roets en Danie Redelinghuys oorleef.

Die begrafnis vir Dolla vind op 26 Augustus om 12 uur vanuit die NG-Kerk, Brakpan-Wes in Reitz straat, Dalview, plaas.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button