Editor's noteLocal newsNews

VIDEO: Hommeltuig verdwyn pas na kind (5) dit ontvang

‘n Vreugdevolle dag het binne ‘n oogwenk in groot hartseer verander toe ‘n groot geskenk, wat hy ontvang het, verdwyn het.

‘n Vyf-jarige seun van Brakpan-sentraal se vreugde oor ‘n baie spesiale geskenk was Saterdag van korte duur.

Jaylin Coetzer se grootste wens wat om sy eie hommeltuig (drone) te besit en sy ma, Belinda Coetzer het gesorg dat haar seun se droom waar word.

Soos enige ander jong kind, was Jaylin baie gretig om vir die eerste keer sy nuwe speelding uit te toets, min wetend dat daar groot teleurstelling op hom wag.

“Jaylin het sy hommeltuig net voor skemer laat opstyg, waarna die speelding sein verloor en in sy eie rigting gegaan het,” het Belinda vertel.

Die jong seun en sy gesin het alles in hul vermoë gedoen om die hommeltuig terug te kry maar kon nie daarin slaag nie.

“Jaylin se hart is verpletter en daar is ongelukkig nie  fondse om ‘n nuwe een te kan koop nie,” het Belinda gesê.

Die hommeltuig het in Hamiltonlaan weggeraak.

Inwoners in die omgewing, wat moontlik daarop afgekom het, kan jy vir Belinda kontak by 076 167 4328.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button