Video: 14-Jarige skenk ellelange hare vir kankerstryd
Jade het 40cm van haar hare afgesny.
Jade Bibbey (14), ’n leerder aan Hoërskool Die Anker, het verlede Donderdagmiddag 40cm van haar hare afgesny ten bate van kanker.
Alhoewel daar slegs 25cm hare vir ’n pruik benodig word, het Jade besluit om 40cm van haar welige bos hare aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) te skenk.
Kansa stuur die hare aan ’n organisasie wat pruike van mense hare maak vir persone wat hul hare verloor het weens kankerbehandeling.

Jade, wie se hare nou skouerlengte is, het vertel dat sy graag vir ’n kanker pasiënt net ’n klein donasie van haar hare wou gee, aangesien sy ’n oorvloed van hare het.
Lees: Geliefde oud-onderwyser verloor kankerstryd
“My vriendin se ma is oorlede aan kanker en dit het my hart gebreek om te sien hoe sy net opgegee het,” vertel Jade.
“Dit is vir my moeilik om iemand in soveel pyn te sien en jy kan absoluut niks vir hulle doen nie.
“Daarom het ek besluit om my kant te bring en ’n verskil in ten minste een persoon se lewe te maak.”
Kanker pasiënte is ’n groot inspirasie vir dié weldoener en motiveer haar om nooit op te gee nie.
Lees: Familie verloor albei hul ouers aan kanker
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



