Vertel ons hoe gereeld jy braai en wen
Die persoon wie se e-pos ons die meeste beïndruk sal die geskenkpak wen.

Nasionale Braaidag (24 September) word jaarliks op Erfenisdag gevier en Suid-Afrikaners word aangemoedig om ‘n vuurtjie aan te steek en iets te braai.
En net soos braaivleis deel van ons erfenis is, is biltong ook.
Daarom staan een van ons lesers ‘n kans om ‘n geskenkpak van Bella’s Biltong in Dalview te ontvang.
Dit is maklik om in aanmerking vir die kompetisie te kom.
Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton en vertel vir ons hoeveel keer per week jy braai en wat jou gunsteling ding is om te braai.
Lees: Brakpan 100 jaar: Leerders se talent beïndruk
Indien jy ‘n interessante braai-foto het kan jy dit ook aanheg maar meld die name en vanne van die persoon of persone in die foto. (ons kan moontlik van die foto’s publiseer).
Die persoon wie se e-pos ons die meeste beïndruk sal die geskenkpak wen.
Meld jou naam en van, asook adres en ‘n kontak telefoonnommer in die e-pos.
Slegs inwoners van die dorp kan inskryf vir die kompetisie.
Die sluitingsdatum is Donderdag 19 September.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



