Editor's noteLocal newsNews

Brakpanners braai nie net op Braaidag

Dit blyk dat ‘n lekker tjoppie, biefstuk en wors altyd bo aan die lys is.

Met die oog op Nasionale Braaidag,  het die Herald die publiek gevra hoe gereeld hulle braai en ook wat hulle verkies om te braai.

Louis van Rooyen het ‘n paar foto’s ingestuur en daarby gesê dat dit in sy bloed is om te braai. Hy sê hy sal maklik elke dag braai. Hy raak baie innoverend en maak selfs groente en burgers op die braai.
Cindy du Plooy het by hierdie foto gesê dat sy en haar gesin trotse Suid Afrikaners is, wat ten minste drie keer ‘n week braai. In die foto is Rudopf en Luaney du Plooy by die braai.
Jaco Jacobs van Dalview sê dat niks hom sal verhoed om te braai nie. Hy geniet dit om sy vrou ‘n blaaskans te gee en terwyl sy ‘n glasie wyn geniet, braai hy. Hy braai elke naweek en soms so drie keer gedurende die week ook.
Juan Swanepoel van Sonneveld het hierdie foto van hom en sy swaer Jaco Fraser ingestuur toe hulle op ‘n koue reëndag gebraai het. Volgens hom het hulle nie “gesmelt” of siek geword nie en sou hy elke dag braai indien hy kon.
Rudi Puchert het by hierdie foto, wat hy ingestuur het, gesê dat hy graag hoender en “Eishbein” saam met groente op die Weber maak. Hy braai elke naweek en soms in die week ook.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button