CrimeEditor's noteNews

Vrou veg verbete teen twee aanvallers

Die vrou het haar bewussyn vir 'n wyle verloor.

‘n 44-Jarige vrou van Sherwood Gardens het onlangs ernstige beserings opgedoen toe sy, laat middag, voor The Rock Raceway ( in Main Reefweg) deur twee mans, aangerand is.

Die vrou, wat versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie, was te voet op pad na Benoni, toe sy oorgelaat is aan die genade van twee booswigte, wat haar erg geslaan en rondgepluk het.

Sy het slegs haar selfoon by haar gehad en vermoed dat die twee mans kontant wou hé, aangesien hulle sonder haar selfoon gevlug het.

“Ek het myself probeer verdedig, maar het besef dat dit nie gaan werk nie,” het sy vertel.

Lees: Fietsryer voor Plastic City aangeval, in gat gegooi

Na ‘n groot struweling, het sy geval en haar kop teen ‘n klip gestamp.

Dit het veroorsaak dat sy haar bewussyn vir ‘n wyle verloor het.

“Ek is gelukkig dat ‘n weldoener, Rina (haar van is onbekend), my langs die pad gevind het.

Sy het my opgelaai en my na die Verre Oosrand Hospitaal geneem,” het die slagoffer vertel.

“Ek was bewusteloos vir sowat drie ure en het eers in die hospitaal wakker geword waar die weldoener ook my foon vir my teruggegee het.”

Die vrou het ‘n gebreekte arm en ribbes opgedoen, asook ‘n paar kneusplekke.

“Ek is groot dank aan Rina verskuldig en baie dankbaar vir haar hulp.”

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button