Patrolleerders bevorder sigbaarheid
Die Oosrandse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer
AfriForum se buurtwagte in Brakpan, Alberton, Benoni, Boksburg, Edenvale, Germiston, Kemptonpark, Springs en Endicott het onlangs in hulle onderskeie gebiede aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem in ’n poging om polisiëringsigbaarheid te verhoog.
Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies aangepak.
Lees: Só kan jy saam met AfriForum ’n verskil maak
Altesaam 270 patrolleerders (wat die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitsluit) het 4 340km met 120 voertuie afgelê.
Die patrollie het omstreeks 4vm begin en tot 6vm die volgende oggend voortgeduur.
Hulp is verleen tydens ’n aanranding, twee brande in residensiële gebiede, ’n voertuigdiefstal, ’n poging tot huisbraak en verskeie motorongelukke.
“Die Oosrandse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Noordstreek, gesê.
Lees ook: VIDEO: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



