Local newsNews

VIDEO: Egpaar verloor alles toe huis brand

Die egpaar het basies net die klere wat hulle aangehad het oorgehou.

’n Egpaar van Devonlaan, Dalview, se huis is in puin gelê nadat ’n brand Dinsdagmiddag kort na 4nm in die huis uitgebreek het.

Die inhoud van die huis is ook vernietig en die egpaar het basies net die klere wat hulle aangehad het oorgehou.

Attie Rademeyer (42) was in Bapsfontein en sy vrou Melindi (36) was by haar werkplek in Benoni toe die brand uitgebreek het.

“’n Buurvrou het my by die werk gebel en gesê dat ons huis aan die brand is,” he Melindi vertel.

“Toe ek by die huis aankom was daar reeds ’n magdom mense wat probeer help het en die brandweer het later opgedaag,” het sy gesê.

Sy het groot lof vir lede van die Brakpan Radio Groep gehad en veral een lid wat ’n deur afgeskop het om hul hondjie uit die huis te kry.

Volgens Attie het alles in die huis gebrand.

Hy het Woensdagoggend aan die Herald gesê dat alles nog nie mooi ingesink het nie.

Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.

Lees ook: Gesin platgeslaan na brand hul huis in puin lê

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button