Editor's choiceLocal newsNews

Laaste rusplek ontsier

Twee tienerseuns het grafstene omgeskop asof hulle ’n bal rond geskop het.

’n Inwoner van die dorp, Amelia van Wyk (49), was Donderdag geskok toe sy foto’s van haar broer se graf (en talle ander grafte), wat erg gevandaliseer is, gesien het.

Die grafstene van ten minste 15 grafte, in die ouer gedeelte van die Brakpan Begraafplaas, is omgestamp.

Om sake te vererger het haar seun, Hennie, Vrydagoggend gesien hoe twee tienerseuns grafstene omgeskop het asof hulle ’n bal rond geskop het.

“Ons maak gebruik van ’n diens wat op ’n weeklikse basis my broer se graf gaan skoonmaak en toesien dat alles in orde is,” het Amelia vertel.

“Ek ontvang dan ’n foto van die graf as bewys dat die werk gedoen is en dat alles reg is,” het sy bygevoeg.

Lees ook: AfriForum skep gedenkwoud in begraafplaas

Toe sy Donderdag ’n foto ontvang van die graf wat erg gevandaliseer is, was sy woedend.

“Daar was ook talle ander grafte wat deurgeloop het.

“Watter genot sal enigiemand daaruit put om ’n graf te plunder of ’n grafsteen om te stamp?” het sy gevra.

Volgens haar het Hennie die volgende oggend (Vrydag) vroeg na die graf gery om te sien hoe groot die skade is en te red wat te redde is.

“Dit is toé dat hy eers twee fietse opgemerk het en toe twee tienerseuns gesien het wat besig was om grafstene om te skop het,” het Amelia gesê.

Dit is nie seker of dieselfde twee seuns ook verantwoordelik was vir vandalisering van die grafte wat vroeër beskadig is nie.

Lees ook: Leeglêers laat vroue uit begraafplaas vlug

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button