Local newsNews

KYK: Ambulanse op pad na ongeluk bots teen mekaar

Die vier insittendes van die twee ambulanse is na twee verskillende hospitale vervoer.

Twee ambulanse, wat vanoggend vroeg na ’n ongelukstoneel op pad was, het teen mekaar gebots, waarna een deur die muur van ’n huis gebars het.

Volgens inligting was daar vanoggend net na 6vm ’n ongeluk op die hoek van Goodsweg en Muirlaan.

’n Ma en twee kinders (ouderdom onbekend) wat in ’n Ford Escort was, is beseer.

Die ander voertuig wat betrokke was, is ’n Mazda en volgens inligting is die bestuurder daarvan nie na ’n hospitaal vervoer nie.

Inligting dui daarop dat twee ambulanse van dieselfde ambulansdiens na die toneel op pad was toe daar ’n botsing op die hoek van Stoffbergweg en Highstraat plaasgevind het.

Een van die ambulanse het deur die muur van ’n huis, op die hoek van Stoffberglaan en Highstraat, gebars.

Lees ook: Ongeluk verander gesin se lewe onherroeplik

Die inwoner van dié huis, Rickson Ndlovu (55), het aan die Herald gesê dat hy nog geslaap het en wakker geskrik het toe hy ’n harde slag gehoor het.

Stukke van die muur het deur die venster van ’n gastekamer getrek en groot skade is aangerig.

Die vier insittendes van die twee ambulanse is na twee verskillende hospitale vervoer.

Richard Ndlovu (55), eienaar van die huis het wakker geskrik toe hy ’n harde slag gehoor het.
Groot skade is aan beide die ambulanse aangerig.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button