Rata verlig die nood
Dankbare volwassenes en kinders het hul maaltye geniet.
Sowat 140 behoeftige en hawelose mense het Donderdag ’n Kersete by Rata Maatskaplike Dienste ontvang.
Dié ete word jaarliks by keurig gedekte tafels in ’n Kersatmosfeer aangebied, maar vanjaar was dit nie die geval nie aangesien die organisasie nie ’n lokaal vir die funksie kon bekom nie.
Lees ook: Rata ontvang komberse
Dankbare volwassenes en kinders het nietemin steeds hul maaltye as ’n wegneemete ontvang.
Meeste van hulle het sommer op die sypaadjie gaan sit en dadelik weggeval aan die kos.

Rata voorsien daagliks kos aan behoeftiges van die dorp en poog ook om so bietjie verligting oor Kersfees te bring.
Persone, wat by die organisasie geregistreer is, sal in Desember ’n kospakkie ontvang. Dit behels sowat 100 gesinne.
Lees ook: Rata se dankie met gesellige ontbyt
Die organisasie sluit op 20 Desember en open weer op 6 Januarie. Gedurende dié tydperk sal daar geen voedselhulp wees nie.
Die bestuur van Rata het ’n vriendelike versoek aan die publiek gerig om nie-bederfbare voedsel en toiletware te skenk sodat behoeftige persone hulp oor die Kersseisoen kan ontvang.

Meer foto’s: Behoeftiges van die dorp geniet ‘n Kersmaal
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



