NewsSchools

Dalwers sluit die jaar op gepaste wyse af

Senior en junior leerders van die skool is beloon vir hul toewyding.

Die Laerskool Dalview het onlangs ’n baie spoggerige prysuitdeling gehou. Leerders wat hul kant gedurende die jaar gebring het, is beloon.

Die groep leerders het erkenning ontvang vir hul uitmuntende prestasies in skaak, swem, tweekamp, landloop, tennis, krieket en hokkie. Jessica Geldenhuys en Xayvier Bouwer was nie teenwoordig toe die foto geneem is nie.
Die leerders het toekennings ontvang vir volgehoue akademiese prestasie. Hulle was van graad vier tot graad sewe in die top 10 akademiese spanne. Hulle is (van links): Thandi du Toit, Shakira Schmidt, Zander van der Linde en Jan-Daniel Smit.
Die top redenaars in elke graad is (voor, van links): Lanieke Visser (graad drie), Lian Lötter (graad twee), Zanrico Visser (graad een). Agter: Thandi du Toit (graad sewe), Elsje Pelser (graad ses), Xavier Momberg (graad vyf) en Daniel Geyseer (graad vier).
Kaylan Brits is die sportdogter van die jaar en Leendert Koekemoer is die sportseun van die jaar.
Juané Botes (links) is die veelsydigste junior sportdogter, Keagan van Jaarsveld is die veelsydigste junior sportseun, Leendert Koekemoer is die veelsydigste senior sportseun en Anja-Marie Mooi is die veelsydigste senior sportdogter.
Dillan Williams (links) en sy broer Steven is aangewys is die rugbyspelers van die jaar. Dillan is ook die sewes-speler van die jaar.
Calie Boshoff is die dux-leerder van die jaar.
Kaylin Pepler is die netbalspeler van die jaar.
Thandi du Toit is die Dalviewer van die jaar.
Leendert Koekemoer (links) is die senior seunsatleet van die jaar, Carli Jacobs is die senor dogteratleet van die jaar, JT Srydom is die junior seunsatleet van die jaar en Carli du Toit is die junior dogteratleet van die jaar.
Thandi du Toit (links) is die senior kultuurdogter en Mia Pitzer is die junior kultuurdogter.
Mianke van Niekerk (links) en Cassandra-Lee Burisch het toekennings vir algemene kennis ontvang.

 

Lees ook: Twee spanne van Laerskool Dalview kraai koning

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button