Ontspan vanaand saam met Just Wheels
Die publiek word uitgenooi om vanaf 5nm ’n genotvolle aand te gaan geniet.

Die publiek word daaraan herinner dat die Just Wheels Motorklub se jaarlikse Kersmark vanaand (Vrydag) by die klubhuis plaasvind
Die Kersmark val vanjaar saam met die Kersliedere by Kerslig (Carols by Candlelight).
Die publiek word uitgenooi om vanaf 5nm ’n genotvolle aand te gaan geniet en terselfdertyd sommer Kersinkopies, by ’n groot verskeidenheid stalletjies, te doen.
Daar sal eet- en drinkgoed te koop wees maar die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te neem.
Kampstoele of komberse sal ook nodig wees.
Die klubhuis is te Kitzingerlaan 69 geleë.
Lees ook: Blink waens by Just Wheels se opedag te sien
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



