CrimeNews

Man ly erg na hy aan die brand gesteek is

Hy het nie geld om skoon verbande of medikasie te koop nie.

Vier mans het Woensdag in die Brakpan Landdroshof verskyn op ’n klag van poging tot moord nadat ’n 43-jarige man verlede Sondag na bewering aan die brand gesteek is.

Die mans (drie is 29 jaar oud en een is 30 jaar) is in aanhouding en sal weer op 28 Januarie in die hof verskyn.

Hul verskyning spruit uit ’n voorval waar daar glo verlede Sondagoggend brandstof oor die 43-jarige Theunis Barnard uitgegooi is en waarna hy aan die brand gesteek is.

Lees: Huisrowers oorval bejaarde egpaar, kap man (80) met byl

Die voorval het in Kingswaylaan gebeur, waar Barnard in ’n motorhuis saam met sy vrou, Yolandie (42), woon.

Volgens inligting het ’n groep mans Sondagoggend by Barnard se blyplek opgedaag en glo aangedring op inligting, wat Barnard nie kon verskaf nie.

Daar is toe glo brandstof oor hom gegooi waarna dit aan die brand gesteek is.

Theunis Barnard se hand het veral erg deurgeloop.

Barnard is met ernstige brandwonde aan sy gesig, bolyf en hande in die Verre Oosrand Hospitaal opgeneem.

Hy het homself na behandeling ontslaan aangesien hy besorg was oor sy vrou se veiligheid.

Barnard, wat werkloos is, het Woensdag aan die Herald gesê dat hy geen ander keuse gehad het as om homself uit die hospitaal te ontslaan nie, aangesien sy vrou alleen in die motorhuis was en dat sy nie veilig gevoel het nie.

Hy het gesê dat hy erge pyn verduur en dat hy nie geld het om skoon verbande of medikasie te koop nie.

In nog ’n bisarre voorval, wat op die selfde oggend plaasgevind het, is nog ’n man erg aangerand.

Trevor Kruger (26), wat werkloos en dakloos is, het Sondagoggend op die hoek van Stasieweg en Hamiltonlaan gelê en slaap toe hy wakker geword het van ’n harde hou teen die kop.

Lees ook: Man met byl gekap toe hy visvang plek soek

“Toe ek wakker skrik was daar ’n paar mans by my. Een het ’n byl gehad waarmee hy my teen die kop gekap het,” het Kruger gesê.

Daar is ’n tweede keer na Kruger se kop gekap voordat hy daarin kon slaag om weg te hardloop.

“Toe ek weghardloop het die mans my met bakstene gegooi,” het Kruger gesê.

Hy het na die Verre Oosrand Hospitaal gegaan, waar die wond aan sy kop met steke geheg is.

Trevor Kruger is met ’n byl teen die kop gekap.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button