Editor's choiceLocal newsNews

Senior burgers is hiér baie welkom

Inwoners van die dorp is ook baie welkom om by die dienssentrum aan te sluit.

Die Eric Holdtman Dienssentrum bied op ’n weeklikse basis ’n verskeidenheid dienste en aktiwiteite vir senior burgers van die dorp.

Die dienssentrum is nie net daar vir die gebruik van die inwoners van die Tweedy Park Kompleks nie, inwoners van die dorp is ook baie welkom om by die dienssentrum aan te sluit.

Lidmaatskap beloop slegs R20 per jaar per persoon.

Joyce Minnie versorg Elsie Botha, bestuurder van die Eric Holdtman Dienssentrum, se hare in die haarsalon.

Die dienssentrum beskik oor ’n haarsalon en ’n biblioteek, maar verskeie aktiwiteite soos veerpyltjies, Gim Trim en mat rolbal word ook deur die loop van die week aangebied.

Belangstellendes kan ook by die Knit en Natter Klub, wat op ’n gereelde basis by die dienssentrum bymekaar kom, aansluit.

LEES: Weldoener tot die redding van bejaardes

’n Groot pluspunt vir lede is die maaltye wat vanaf Maandag to Vrydag teen baie billike pryse voorberei word.

Lede kan hul middagete by die dienssentrum geniet of die kos wegneem.

Lede van die dienssentrum kan van Maandag tot Vrydag ’n smaaklike maaltyd geniet. Rina Jooste (66, links) en Frida Botha (87) sit handjie by in die kombuis.

Lede het ook toegang tot ’n kliniek waar ’n opgeleide gemeenskap gesondheidswerker aan diens is.

“Ons poog om ons senior burgers soveel moontlik te bied en ons nooi inwoners van die dorp aan om by ons in te skakel,” het Elsie Botha, bestuurder van die Eric Holdtman Dienssentrum, gesê.

Cornelia Roets (70) se bloeddruk word in die kliniek deur Nettie Henning, ’n gemeenskap gesondheidswerker, geneem.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button