Editor's noteLocal newsNews

Man tel duur foon op, sorg dat eienaar dit terugkry

"Wat Sarel gedoen het, gebeur nie sommer meer vandag nie."

‘n Inwoner van Brenthurst was Vrydagaand baie beïndruk en dankbaar met die eerlikheid van ‘n persoon wat gesorg het dat sy haar selfoon, wat sy verloor het, terug ontvang het.

Charmaine Jordaan het Vrydagaand na KFC in Prince Georgelaan gery om ‘n telefoonnommer te kry, wat haar in staat sou stel om ‘n bestelling vir kos te kon plaas.

“Ek het gou uitgeklim om te hoor wat die nommer is en my Samsung S9, wat in my baadjie se sak was, moes toe uitgeval het.

“Op pad terug na my huis het ek al my foon begin soek, maar gedink dat ek dit by die huis gelaat het,” het Charmaine vertel.

By die huis het sy agter gekom dat haar foon weg was.

Lees: Kleuters bly besig tydens inperking

“Ek het my nommer ‘n paar keer van ‘n familielid se foon geskakel en ek was baie verlig toe iemand uiteindelik antwoord.”

Nadat Sarel van Heerden, wat aflewering vir KFC doen, Charmaine se foon in die pad sien lê het, het hy dit by hom gehou in die hoop dat die eienaar sou bel.

“Toe ons weer probeer het hy geantwoord en gesê dat hy die foon opgetel het en dat ons dit kon gaan haal.

“Dit is so wonderlik om te weet dat daar nog eerlike mense in ons samelewing is.

“Wat Sarel gedoen het, gebeur nie sommer meer vandag nie. Ek het sy goeie daad opreg waardeer,” het Charmaine gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button