Lid van honde-eenheid oorlede
Insp Juan Strauss was vir jare verbonde aan die Ekurhuleni Metro Polisie.
‘n Geliefde en toegewyde lid van die Ekurhuleni Metro Polisie se honde-eenheid is gisteraand in die hospitaal oorlede nadat hy vermoedelik ‘n asma-aanval gehad het.
Insp Juan Strauss (43) is volgens sy broer, Eugene (39) net na 11nm in die Life Dalview Hospitaal oorlede.
Eugene het vanoggend aan die Herald gesê dat hy sy broer na die hospitaal gehaas het nadat hy glo ‘n asma-aanval by sy huis gehad het.
Strauss, wat in Brakpan-Noord gewoon het, was vir jare verbonde aan die Ekurhuleni Metro Polisie.
Meer inligting sal volg.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



