Hoërskool Die Anker het onlangs afskeid geneem van twee leerkragte, Miemie Wessels en Louis van der Westhuizen, wat op pensioen gaan.
Miemie het ‘n lang pad in die onderwys gestap en roep na 41 jaar halt.
Sy het verskeie hoë poste in die onderwys beklee, maar altyd nederig gebly.
Dit is juis hierdie besondere eienskap wat van haar ‘n baie suksesvolle en geliefde onderwyseres gemaak het. Sy was vir vyf jaar lank verbonde aan Die Anker.
LEES: Die Anker se nuwe hoofleiers sien uit na 2021
Louis het in 1978 sy onderwysloopbaan aan die Laerskool President Brand (vandag Laerskool Die Arend) begin.
Hy beklee verskeie poste in die onderwys, onder andere by Technisa, waar hy diep spore getrap het as hoof van Jeug, Sport en Kultuursake.
Louis het die onderwys vir ongeveer 10 jaar verlaat om sy geliefde stokperdjie, houtwerk, ‘n beroep te maak.
Maar een maal ‘n onderwyser, altyd ‘n onderwyser en die onderwysbloed in sy are het hom laat hom besluit om terug te keer skool toe.
In hierdie tydperk het hy ook ‘n boek, Building and Drawing N1, geskryf.
By Die Anker was hy bekend as ‘n onderwyser wat sy pligte nougeset uitgevoer het.
Hy was ook ‘n persoon wat trots was op sy werk en sal onthou word as ‘n geliefde onderwyser en kollega.
Louis was vir 11 jaar lank op die stoepe in in die klaskamer van die skool te sien.
LEES: Dié Ankers praat ‘n storm los
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



