Editor's choiceLocal newsNews

VIDEO: Duisende liggies laat feesseisoen helder skyn

Dié tradisie het jare gelede ontstaan.

Miné Fourie
minev@caxton.co.za

‘n Egpaar van Brakpan-Noord, Norman (68) en Elma (59) Schäfer, het onlangs hul huis verlig met talle Kersfeesliggies wat hul woning na ‘n sprokieswêreld laat lyk.

Daar is reeds in September begin om die magdom liggies en versierings aan te bring en dit sal amptelik op 11 Desember aangeskakel word.

Norman skrik nie vir harde werk nie en maak sommer self meeste van die liggies en versierings.

Om dié woning in Abromowitzlaan so indrukwekkend te tooi, verg egter meer as een persoon se hande werk.

Die egpaar se seuns, Danie (39) en Rudi (43), asook hul vier kleinkinders en hul huisvriend, Gerhard Human (40), het sommer almal in die werk gespring om ‘n bydrae te maak.

Lees: Kersfeesliggies laat huis na sprokieswêreld lyk

Norman en Elma doen dit egter al van 2007 af ter herinnering aan hul oorlede seun, Marius.

“Ons seun is in 2007 oorlede in ‘n motorfietsongeluk waarna ons begin het met die Kersfeesliggies ter herinnering aan hom,” het Elma vertel.

“In 2014 is ons dogter, Vicky, oorlede na komplikasies met haar keiser, twee weke na haar baba se geboorte.

“In herinnering van albei ons kinders wat oorlede is, het ons meer liggies elke jaar opgesit en my man het meer en meer ligte begin by bou,” het sy bygevoeg.

Die huis wat verlig is met duisende liggies het reeds mense se aandag gelok.

Verlede jaar het die egpaar gesorg vir groot opwinding toe Kersvader op sy pos was waar lekkergoed aan honderde kinders uitgedeel is.

“Ons beplan om weer vir Kersvader Saterdag (19 Desember) by ons te hê, waar kinders geskenkies en lekkergoed sal ontvang.

“Ons het ‘n paar donasies van tweedehandse speelgoed gekry, asook twee pakke lekkergoed, wat ons aan soveel moontlik kinders van die dorp wil uitdeel,” het Elma vertel.

Die egpaar is van plan om die liggies elke aand aan te skakel vanaf 11 Desember tot en met 5 Januarie vanaf 7.30nm tot 9.30nm.

Wanneer dit reën, sal dit ongelukkig afgeskakel word.

Die huis is te 16 Abromowitzlaan, Brakpan-Noord, geleë.

Selfs versierings was op die dak aangebring deur Norman en sy seun, Danie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button