Editor's noteLocal newsNews

Modelle beïndruk by gesogte skoonheidskompetisie

Charné van Emmenis en Willie Smuts is as Mr and Miss Gauteng aangewys.

Modelle van die Younique Modelling Academy het onlangs aan die Miss and Mrs Gauteng-kompetisie deelgeneem waartydens twee modelle die agentskap veral die koppe laat draai het.

Casey de Witt van die Universal Model Academy bied jaarliks die kompetisie aan.

Charné van Emmenis (18), ‘n inwoner van Minnebron, het Saterdag die gesogte titel ingepalm en wil haar titel gebruik as ‘n platform om haar liefdadigheidsorganisasie op die voorgrond te stel.

Die mooi blondekop se liefdadigheidsorganisasie, Charné’s Comfort Teddy, samel deur die loop van die jaar sagte speelgoed in om dit dan by staatshospitale aan kinders wat terminaal siek is, uit te deel.

Vir Charné was dit ‘n groot verrassing toe haar naam uitgeroep is as die wenner in haar ouderdomsgroep, aangesien die kompetisie baie sterk was.

“Ek was geskok, aangesien ons 10 besonderse meisies in die kategorie was. Ek is wel baie dankbaar dat die beoordelaars iets in my raakgesien het om die titel te kan dra,” het sy vertel.

Charné het ook vertel dat dit egter harde werk geverg het. Wanneer die beeldskone model nie op die loopplank was om vir ’n paar uur voor te berei nie, was sy en haar ma, Rika, besig om pannekoek te bak om te verkoop vir die kompetisie se fondsinsameling.

Lees: VIDEO: Brakpan skoonheid in lyn vir Mej Suid-Afrika titel

“My familie is my grootste ondersteuners en ek is oneindig dankbaar vir hulle.

“My grootneef, Lukas van Emmenis, het my met R1 000 geborg wat dit vir my moontlik gemaak het om deel te neem aan die kompetisie aangesien ons ’n borg van R1 000 moes gee,” het Charné vertel.

Die talentvolle model het verskeie titels agter haar naam en het groter planne vir haar modelloopbaan.

“Ek is tans ’n eerstejaar regte student by NWU Pukke en wil graag na my studies praktiseer en aan Mej Suid-Afrika deelneem,” het sy entoesiasties bygevoeg.

Nog ‘n model van die Younique Modelling Academy is Willie Smuts (14) wat ook ’n besondere suksesvolle aand beleef het.

Die jong seun van Hoërskool Die Anker neem in ’n hoër ouderdomsgroep deel om homself voor te berei vir die International Modelling and Talent Association (IMTA) New York-kompetisie wat in 2021 sal plaasvind.

Willie is verken deur groot name soos Joey Hunter, voormalige direkteur van Ford Models en die huidige direkteur van IMTA, Nate Butler, produksie bestuurder van die Steve Harvey Show, die talent verkenner Rayvann Drummer van Tyler Perry Studios, asook Joey Zangardi-Dixon van The New York Film Academy.

Die kompetisie het al mense soos Ashton Kutcher, Jessica Biel, Katie Holmes en Eva Longoria opgelewer.

Lees: Harde werk maak deur oop vir model

Ten spyte van Willie se groot sukses wat hy reeds behaal het in sy modelloopbaan, is die jong seun dankbaar dat hy die Mr Gauteng titel kan dra.

Alhoewel die titel ‘n goeie geleentheid skep om liefdadigsheidswerk te doen, glo Willie dat hy nie ‘n titel nodig het om ‘n verskil te kan maak nie.

“Ek het nie ‘n titel nodig om ander te help nie,” het hy vertel.

“Ek is baie lief vir kinders en fokus al my liefdadigheidsprojekte op hulle.”

Willie het in 2017 met modelwerk by die Younique Modelling Academy begin en het sedert reeds verskeie groot titels agter sy naam.

Hy het ook groot lof vir sy modelafrigter, Cecilia Marie van Eeden, die eienaar van die modelskool wat hom tot dusvêr gehelp het om al sy sukses te bereik.

Willie Smuts.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button