Local newsNews

Kersvader bring vreugde na moeilike jaar

Mense het nodig om ’n bietjie te ontspan en vreugde te ervaar.

Vir die afgelope vier jaar klim Norman Hunter gedurende Desember aand na aand in sy blou versierde bakkie en vaar die strate van Springs en Brakpan in om kinders se harte te verbly

Die bakkie, met sy harde Kersmusiek, het ’n bekende gesig in beide dorpe geword en Norman het besluit om vanjaar nie slap te lê nie.

ALSO READ:

 Kersvader bring groot vreugde

“Dit was ’n moeilike jaar vir almal en mense het nodig om ’n bietjie te ontspan en vreugde te ervaar,” het Norman gesê.

Dit is vir hom veral belangrik dat die kinders opgewonde raak, maar hy vertel dat volwassenes net soveel genot put wanneer hulle sy bakkie met die liggies gewaar.

Norman maak ook staat op donasies van speelgoed en lekkergoed wat deur Kersvader, wat elke aand saamry, aan die kinders uitgedeel word.

“Dit is verbasend om te sien hoe dankbaar sommige kinders is vir die kleinste ou speeldingetjie of lekkergoed,” het hy gesê.

“Dit neem baie tyd en brandstof, maar elke glimlag wat ek sien maak alles die moeite werd.
Die publiek wat met Norman in verbinding wil tree kan hom by 072 307 3926 skakel.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button