Local newsNews

Help om Rizindi se wens te bewaarheid

"As ek enige iets kon verander in die wêreld sou ek help om alle diere ‘n huis te gee sodat hulle elke dag kos en ‘n warm slaapplekkie het.”

Rizindi Nel (13), ‘n graad agt leerder aan die Muriel Brand Skool, het slegs een wens vir haar komende verjaarsdag.

Sy wil die dag by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) deurbring en wil soveel dierekos en komberse as moontlik insamel.
Haar ouma, Hetta Bruwer (53), vertel dat Rizindi se liefde vir diere byna geen perke ken nie.

 

ALSO READ:

 Nuwe adjunkhoof vir Laerskool Die Arend

Sy het self twee troeteldiere naamlik Wolfie ‘n Pekingese en Sky haar gemmerkat.
Hetta vertel dat Rizindi altyd besig is met die diere.

“Wanneer sy nie pop speel nie, trek sy vir Wolfie klere aan en stoot hom in ‘n stootwaentjie rond. Sy kla ook nooit as daar agter die diere skoongemaak moet word nie,” vertel haar ouma.

Rizindi wil graag ‘n verjaarsdag met ‘n verskil geniet.

“Indien ek enige iets in die wêreld kon verander sou ek help om alle diere ‘n huis te gee waar hulle elke dag kos en ‘n warm slaapplekkie het,” het sy vertel.

 

ALSO READ: 

Laerskool Dalview se ontvangsdame groet

Sy wil graag haar 14de verjaardag, wat op 13 Februarie plaasvind, by die DBV deurbring en vra dat haar familie en vriende asook enigiemand anders wat haar liefde vir diere deel, haar sal help om soveel moontlik honde- en katkos, asook komberse bymekaar te maak.
Enigiemand wat bereid is om ‘n donasie te maak kan vir Hetta by 082 426 7584 kontak.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button