Local newsNews

Mak voël, wat soos kind in die huis was, vlieg weg

Die voël is baie mak en gewoond aan honde en juis daarom kan Kwê dalk in die moeilikheid beland.

’n Inwoner van Dalview, wat verlede jaar ’n baba kwêvoël gered en groot gemaak het, is hartseer nadat die voël op 23 Februarie weggevlieg het.

Volgens Letitia Marais van Cardiganlaan 30, Dalview, het die kwêvoël (grys loerie) verlede jaar op 28 Maart uit ’n nes geval.

“Ek het die voëltjie opgetel en grootgemaak. Dit het met tyd baie mak geword en basies deel van die gesin geraak,” het Letitia vertel.

Kwê (soos die voël genoem is) het saam met Letitia gebad, gereeld op haar Jack Russell gesit en selfs televisie gekyk.

“Ons het vir Kwê ’n groot hok gebou en in die middae, wanneer ons tuis was, het ons die hok oopgemaak.
“Kwê het dan uitgevlieg, maar altyd in die nabye omgewing of in die huis of lapa gebly.”

Op 23 Februarie het die voël egter weggevlieg en nie weer terug gekeer na die huis nie.

Die voël het ‘n geel ringetjie aan elke pootjie.

“Die voël is baie mak en gewoond aan honde en juis daarom kan Kwê dalk in die moeilikheid beland. Ons het ook vir haar spesifieke kos gegee.

“Ek hoop maar dat Kwê by iemand sal opdaag en dat die persoon hierdie sal lees en met my kontak sal maak.”
Letitia kan gekontak word by 061 564 1294.

Letitia Marais met Kwê en haar Jack Russell, Chippo. Die voël en hond het baie goed oor die weg gekom en Kwê het dikwels op Chippo gesit.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button