Local newsNews

Riool vloei deur besigheid se parkeerarea

Die riool het veroorsaak dat my kliënte bloot ingery en dadelik weer uitgery het.

Die jare lange stryd van ’n restauranteienaar wie se besigheid gereeld ’n opdam plek vir rou riool word, woed steeds voort.

Saartjie Lotter (57), die eienaar van Hippos Pub en Grill in Elliotweg, is Donderdagmiddag vir die soveelste keer begroet deur ’n dam rou riool in die parkeerarea van haar besigheidsperseel.

Daar het onder andere ook tandeborsels, kouse, onderbroeke, mieliestronke en babadoeke in die stinkende gemors gedryf.

“Ek probeer nog herstel na die impak wat die inperking op alkohol gehad het en nou moet ek weer hierdie probleem in die gesig staar,” het Saartjie moedeloos vertel.

LEES OOK:

 Kleine Arries in wit en rooi getooi vir Valentynsdag

“Die riool het veroorsaak dat my kliënte bloot ingery en dadelik weer uitgery het.

“Vrydag het ons vir die hele dag ’n totaal van vyf besoekers gehad.

“Ek het die probleem reeds op 4 Maart gerapporteer en elke tweede dag daarna weer, maar daar was net geen terugvoering of hulp nie.

“Hierdie is ook beslis nie die eerste keer dat dit gebeur nie. (Die Herald het ook al voorheen hieroor berig.)

“Ek het ’n paar rubberstewels in my kantoor en weet al wat om te doen as dit kom by die skoonmaakproses.

“Die vorige keer, op 5 April, het die riool van binne deur die toilet opgestoot en my hele plek binne onder riool gelaat.

“Ek probeer ’n besigheid aan die gang hou, maar teen hierdie trant kan dit nie aangaan nie.”

Brandon Pretorius, DA raadslid vir Wyk 97, het gesê dat dit inderdaad nie ’n geïsoleerde insident is nie.

“Dit is ’n frustrerende situasie wat alle besigheidseienaars in ons dorp een of ander tyd al oorgekom het.

“Dienslewering as ’n geheel in Brakpan en in die Stad van Ekurhuleni is seker op die laagste punt wat dit al ooit was. Die onbevoegdheid van die munisipaliteit affekteer besighede negatief,” het Pretorius gesê.

“Die munisipaliteit is veronderstel om besighede, veral nou in die tye waarin onsself bevind, ’n goeie fondasie te gee om hul besighede op te bou.

“Die munisipaliteit moet besighede bystaan en aanmoedig om te verseker ons ekonomie bly staande.

LEES OOK: 

Nog ‘n boek vloei uit skrywer se pen

“Die riool probleem, wat die bogenoemde besigheid gereeld affekteer, is na die hoogte gesag verwys om ’n moontlike en volhoubare oplossing te vind,” het Pretorius gesê.Die Ekurhuleni metro is genader vir kommentaar. Sodra dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button