Ongeluk eis Brakpan egpaar wat op pad was na troue
Die ongeluk het Donderdagoggend na 3vm in Olifantshoek in die Noord-Kaap plaasgevind.

‘n Egpaar van die dorp wat na Namibië onderweg was om ‘n familielid se troue by te woon is Donderdagoggend vroeg in ‘n motorongeluk oorlede.
Ben (65) en Koba (63) Mostert van Hamiltonlaan sou die komende Saterdag die troue van Koba se broer, Danie Pieters, bygewoon het.
LEES OOK:
Volgens die egpaar se dogter, Heleen du Preez (45) van Springs, het die ongeluk na 3vm in Olifantshoek in die Noord-Kaap plaasgevind.
Die egpaar is opslag oorlede.
Meer inligting sal volg.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



