Onherstelbare skade is aangerig toe etlike kilometer spoorlyn vermoedelik Dinsdagnag tussen Anzac en Apex gesteel is.
Volgens inligting is daar bewyse dat diewe reeds dae voor die diefstal begin het om die spoorlyn in stukke van ongeveer ‘n meter lank op te sny.
‘n Enorme hoeveelheid staal is weggery om as skroot metaal verkoop te word.
LEES: Diewe plunder en steel by begraafplaas
Die oorhoofse staalstrukture is ook reeds deur diewe opgesny en weggedra.
Kabels en ander voorwerpe soos sementblokke en selfs ‘n hondehok is gebruik om ‘n grondpad, wat langs die spoor loop, te versper.
Dit is vermoedelik gedoen sodat die booswigte onverstoord met hul plundery kon voortgaan.
Die gedeelte van die spoorlyn is afgesonder en die lang gras en veld vergemaklik die werk van die diewe heelwat.

Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



