Local newsNews

Ella vier haar 97ste verjaarsdag

Daar is steeds ’n paar goed op my emmerlysie wat ek wil afmerk.

Ella Meyer, ’n inwoner van die dorp vir die afgelope 38 jaar, vier Saterdag haar 97ste verjaarsdag.

Sy sal nou wel die spreekwoordelike 97 kersies op haar verjaarsdagkoek hê, maar vir dié op-en-wakker inwoner is ouderdom bloot ’n getal.

Ella bly by haar dogter, Mari Colling (76), in Brakpan-sentraal.

Die twee pak elke dag ’n ander aktiwiteit aan. Wanneer hulle nie tuin maak is nie dan skryf hulle resepte neer of hulle bak en brou of lees.

LEES OOK:

 Bella die varkie is veilig tuis

Wanneer Ella die dag daarna voel oefen hulle selfs.

“My ma is vreeslik spontaan en is mal daaroor om te lag. Sy makeer nog niks nie en is nog perdfris en gesond,” het Mari vertel.

“Ek sukkel net bietjie om te hoor, en die knieë wil nie meer so lekker saamwerk nie,” het Ella laggend vertel.

Ten spyte van haar ouderdom glo sy daaraan om besig te bly en nie stil te sit nie.

“Ek het Saterdag eers na 11nm by die huis aangekom na ’n lekker kuier saam met die jong mense,” het Ella vertel.

Haar verjaarsdag word Saterdag met ’n teepartytjie (high tea) in die tuin gevier.

“Al die nodige gedoentes, van groot hoedens tot pikante broodjies, sal daar wees en natuurlik moet ons die boer inbring deur melktert ook te bedien.

“My ma is dol oor sulke goed,” het Mari opgewonde vertel.

“Ek geniet dit ook baie om nog te dans en ek sê nooit nee vir ’n dans nie.

“Ek dink wat my so jonk hou is die gesonde lewe wat ek al die jare gevolg het. Ek het nog nooit gedrink of rook nie, en ek is mal oor my kookkos en gaande oor ’n varktjoppie en ’n koppie tee.

“Ek het al baie dinge gedoen in my lewe, maar daar is steeds ’n paar goed op my emmerlysie wat ek wil afmerk.

“Ek wil al my boererate vir Mari uitskryf en dan wil ek hê Mari moet nog die herinneringe van my dae as jong meisie neerpen,” het Ella gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button