Springbokspelers bied hokkie kliniek aan
Onthou dat jy altyd in jouself moet glo, moet nooit glo dat waar jy vandaan kom bepaal waar jy sal uitkom nie.
Hokkie spelers van Hoërskool Stoffberg is verlede week tydens ’n hokkie-kliniek, wat by die skool aangebied was, deur Springbok hokkiespelers touwys gemaak.
Monique Barnard (18), onderhoofdogter en lid van die skool se eerstespan, was opgewonde oor die kliniek.
“Dit help verseker om spangees te bou en na verlede jaar het ons dit beslis nodig. Die kliniek gee vir ons die geleentheid om ons talente te verbeter en nuwe vaardighede te leer.
“Somtyds dink ons dat ons alles weet, maar gedurende die kliniek is ons weer herinner aan die basiese vaardighede,” het Monique vertel.
“Ons is gewys hoe om die basiese tegnieke te verbeter en toe te pas, soos hoe om eintlik ’n bal te slaan. Ek dink baie keer dat ons as individue glo dat ons die sport kan speel, maar dis belangrik om te onthou dat dit ’n spansport is en dat ons, ons vaardighede moet saamspan.
LEES OOK:
Netbalspelers gaan in Mauritius speel
“My vaardighede sowel as dié van die span het baie gegroei.”
Een van die Springbok spelers wat betrokke was, Bili Ntuli (25), het sy kennis en ondervinding met die spelers gedeel.
Hy het vertel dat hy graag die jeug wil inspireer en vir hulle laat besef dat niks hulle kan keer nie.
“Wys die wêreld wat jy weet en inspireer die wêreld,” was sy raad.
“My advies aan jong sportmense is om te onthou dat jy altyd in jouself moet glo, moet nooit glo dat waar jy vandaan kom bepaal waar jy sal uitkom nie. Moet nooit jou omstandighede bevraagteken nie.”
Volgens Alyssa Strydom, Hoërskool Stoffberg se hokkie-organiseerder, was elke speler en afrigter positief.
“Die spelers wil hokkie speel en is uitgehonger om meer te leer.
“Die kliniek se afrigters was fenomenaal en het dit deur en deur die moeite werd gemaak.
“Al die afrigters sien uit na die uitdagende seisoen en wat dit inhou,” het Alyssa gesê.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:





